Die Hut is geleë op die plaas Ebenhaezer in Moorreesburg. Welige groen grasperke, plaasdiere en ‘n olyfboord sorg vir ‘n ontspanne kindervriendelike omgewing.
Die braailapa en swembad bied ontspanning vir die hele gesin. Die gastehuis en restaurant is stapafstand van die dorpsentrum wat dit die ideale bestemming maak vir ‘n wegbreek!
VERBLYF
Die oorspronklike plaashuis bied veertien kamers wat elkeen uitgaan op ‘n stoep. Elke kamer het ‘n en-suite badkamer, Dstv, `n koffieskinkbord, gratis onbeperkte WiFi en moderne dekor. Rolstoelvriendelike toegang tot kamers.
Beskou OpsiesRESTAURANT
Steaks, slaai, seekos, burgers, hoender, pizza, nagereg – ons bedien dit alles en meer! Elke Sondag bedien ons buffet. Al ons disse word vars voorberei, so jy sal `n smaaksensasie ervaar.
Beskou SpyskaartTROUES
Ons venue is perfek vir jou troue. Ons maak voorsiening vir klein en groot groepe gaste, so jy kan al jou familie en vriende nooi! Die plaas is ook `n goeie plek vir jou troufoto’s. Kyk na ons galery vir vorige troufoto’s.
Beskou GaleryOns plaas is net buite Moorreesburg geleë.
© Die Hut. Developed by Jano Barnard.