Close

Restaurant

Die restaurant bied ‘n à la carte spyskaart vyf aande van die week (Maandag tot Vrydag). Vier afsonderlike lokale bied verskillende atmosfere om elke gas se voorkeur te bevredig. Die hoofrestaurant lei uit op ‘n dek wat uitkyk oor die olyfboord. Die ladies’ bar sorg vir ‘n rustige, intieme kuierervaring.  Gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar in alle lokale.

Die à la carte restaurant het ‘n groot verskeidenheid van huiskos-tipe  geregte. Die gelisensiëerde kroeg bied wyne van die kontrei. Die kroeg open saans om 18:00 en die kombuis is oop vanaf 19:00 tot 22:00. Wegneemetes is ook beskikbaar. Hou ons Facebook-blad dop vir spesiale aanbiedinge.

À la carte Spyskaart

Maandag – Vrydag

Voorgereg

Calamari op rysR 100

Repies, pangebraai

SlakkeR 85

Met knoffelbotter en mozzarellakaas gebak in 'n pizzaoond. Bedien met tuisgebakte broodvingers.

Hoenderlewer op kapokaartappelsR 85

Pangebraai met uie en pepers in roomsjerriesousie

Gekrummelde sampioeneR 75

Hoofgereg

Bedien met uieringe, groente van die dag en aartappelwiggies.

Rump / Sirloin (300g)R 175

T-Been (500g)R 180

Pizza SteakR 225

Steak bedek met mozzarellakaas en enige ander pizza-topping van u keuse.
Gewild

SampioenR 30

PeperR 30

MonkeyglandR 30

KaasR 30

KnoffelR 30

Griekse SlaaiR 100

HoenderslaaiR 125

Gekrummel of bedruip op vars slaaiblare met komkommer en tamatie.

SpareribR 215

Vlamgebraai met bedruipsous, bedien met groente, uieringe en aartappelwiggies.
Gewild

Gekrummelde varktjopsR 185

Met kapokaartappels, uieringe en groente.

Bief SchnitzelR 175

Skyfies, uieringe en groente.

Bief Cordon BleuR 205

Skyfies, uieringe en groente.

Lam TjopsR 250

4 tjops, skyfies, uieringe en groente.

EisbeinR 215

Met suurkool, groente en kapokaartappels.

Ingesluit groente, uieringe en aartappelwiggies. Sous ekstra.

KaasburgerR 135

Pattie bedek met kaasskyfie en kaassous.

Die Hut BurgerR 150

Pattie bedek met gekarameliseerde uie en spek repies.

SteakburgerR 175

HoenderborsieR 125

BiefR 125

Oondgebakte visporsieR 145

Vis gebak in pizzaoond met suurlemoenbotter, bedien met aartappelwiggies en slaaisalsa.

Pangebakte visporsieR 140

Stokvis in deeg, pangebraai en bedien met aartappelwiggies.

Geroosterde hoenderborsieR 130

Vlamgebraai met bedruipsous, bedien met groente, uieringe en aartappelwiggies.

SchnitzelR 145

Gebak in krummels, bedien met groente, uieringe en aartappelwiggies.

Cordon BleuR 195

Fillet gevul met mozzarellakaas en ham of spinasie en sampioen of sonrypgedroogte tamatie en fetakaas.

RepiesR 130

Gekrummelde repies bedien met uieringe, groente en aartappelwiggies.

PitaR 95

Mozzarella, knoffel en fetakaas

MargaritaR 95

Kaas en tamatie.

Mej. VettieR 140

Spek, sampioene, ham en salami.
Gewild

HawaiianR 125

Ham, pynappel en sampioene.

HondjiesR 135

Boerewors, russians, sampioene, en soetrissies.

MexicanR 145

Maalvleis, uie, boontjies, peppadew en soetrissies.

VegeterianR 135

Spinasie, feta, sonrypgedroogte tamatie of vars tamatie, uieringe

Hier Kiep KiepR 135

Hoenderrepies, sampioene, peppadew, fetakaas.
Gewild

MooooooooR 145

Biefrepies, gekarameliseerde uie, sampioene en peppadew.
Gewild

ToppingsR 25

Soetrissies, olywe, aspersies, avokadopeer, piesang, pynappel.

WegneemverpakkingR 5

Nagereg

Latte35

Espresso18

Cappuccino30

Hot ChocolateR 35

Boston Brownie met roomysR 60

Roomys met sjokoladesousR 45

Don PedroR 50

Malvapoeding met roomysR 55

KoffieR 25

FilterkoffieR 30

TeeR 25

MelkskommelR 55

Sjokolade, Aarbei, Piesang, Kougom, Lemmetjie, Koekies en room, Koffie, Gesoute Karamel, Grondboontjiebotter, Vanilla

Geen aparte rekeninge nie.

Wagperiode – minimum 45 minute.

Buffetspyskaart

Slegs sekere Sondae (op aanvraag)

R350 per persoon. Kinders onder tien jaar betaal volgens ouderdom.

NB. Bespreek asb. teen 12:00 op die Saterdag voor die buffet. Slegs groepe van 40 of meer.

Voorgereg
  • Sop en broodtafel met verskeidenheid konfyte
  • Seekosgereg
Hoofgereg
  • Wit- of geelrys met rosyne
  • Soetpatat/soetpampoen
  • Groenboontjie bredie
  • Gebraaide aartappel
  • Bros groente
  • Hoenderpastei
  • Kerrie afval (altyd beskikbaar)
  • Lamskenkel bredie
  • Gebraaide lamsboud of sirloinsnit
  • Gerookte varknek
  • Bruinsous
  • Mengelslaai
Nagereg

Verskeidenheid

Let asseblief: Spyskaart onderhewig aan verandering.